Mat 19:13-15 Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. (14) Maar Jesus het gesê: "Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle." (15) Nadat Hy hulle die hande opgelê het, het Hy daarvandaan weggegaan.
Kinders is NB. Ontwikkeling van menswees vind plaas by kinders. Wetenskaplik bewys -9maande tot 2 jaar die heel vinnigste. Dan van 2-5 en dan deur baie fases van implimentering. Dit is die vorming van nasies wat God dien.
Die "koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle" Hierdie woorde lyk my sê ook dat mense wat met 'n kind se min wees posisie leef, juis hulle is aan wie die koninkryk behoort.
As volwasse mens kan mens nie sonder identiteit leef nie. As identiteit is om iemand te wees, beteken dit mos ook om iewers te behoort. Baie vinnig begin mens 'n gedrag aankweek om juis te kan behoort. Soms godsdienstigheid of netheid in huis en kinders wat presteer, 'n huis en vervoermiddel en 'n glimlag in 'n huwelik ens, want ander moet sien dat die huwelik werk. Daar word 'n soort van status gebou waarop mens se menswees gebou word. Die trots kan dalk ook in 'n gedrag van nederigheid gebou word. Of op 'n gedrag van omgee vir bedelaars of diere, of enige ander goeie dade van gehoorsaamheid aan God of wette ens.
Ek dink in die Bybelse konteks word kind wees gekoppel daaraan dat jy juis die soort van behoort en status aflê en die posisie van 'n kind in die samelewing aanvaar. Die geheim van weggee van jouself om God se grootheid juis daarin te vind, is vreemd in moderne kulture. Dit is juis hierin waarin God se heerlikheid sigbaar word en mens jouself weg gee.
Iemand wat God se prysgee lewe, kry 'n nuwe identiteit wat nie uit jou as mens kom nie. Daardie identiteit word outomaties 'n leier in die gemeenskap en het 'n geweldige invloed op die mense naby aan hom/haar. Geen menslike offer of lyding (want dit is noodwendig dat jy nie inpas in die kultuur nie) word te groot nie. Daar is 'n totale strewe en soeke na die prysgee van self en leef in Godgegewe gawes vir die koninkryk. Koninkryk is vir God en die geringstes en vyande. Daar is 'n groot oorgawe element in die soeke, onderwerping aan God dat Hy die lewe sal lei met Sy gawes in jou as persoon. Dit is ook 'n oorgawe aan groter "ons" wees op verskillende vlakke.
Mat 6:11-13 Gee ons vandag ons daaglikse brood; (12) en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; (13) en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
Die ons wees, is ook deel van die aflê van die ek wees en soos 'n kind te wees. "mense soos hulle" In 'n groep, moet almal 'n stukkie prys gee om die ons visie groter te maak as die ek visie.
Die gedeelte is in verband met die vorige opdrag om soos kinders te wees in Matt 15. Die byvoeging hier veral is die tyd wat met kinders gespandeer word. Hulle seën en vir hulle bid en interaksie met hulle te hê. Die moeilike woord van ons tyd. Tyd met kinders spandeer en dit intensioneel doen ter wille van hulle vorming. Die mees effektiewe manier om 'n gemeenskap te help groei met Christus waardes na Hom toe en so 'n voorspoed vreugde en bevrydende gemeenskap te vorm. 'n Nuwe ONS wees.
Wat is die verskil daarin om die waarheid of opdrag van aflê van jouself uit te voer aan die een kant en om jouself af te gee omdat jy Jesus ken en Hom volg en soos Hy word? Is daar 'n verskil? Die een dink ek kom van jouself en die ander kom van die Gees van God in jou. Die "omdat jy Jesus ken" is ook intensioneel, maar anders.
Jy raak in ieder geval iemand wat baie min waarde aan gemak gee. Jy beweeg baie maklik in seerkry en ongemak in ter wille van ander. Juis omdat jy Hom ken en mens word soos jou gelowige vriende in samewerking met 'n gesonde logiese verstand om te onderskei wat goed is en wat nie. Wanneer jy egter met jou naaste vriend te doen het, dan is die interaksie uit wie Hy is, altyd goed al het jou gedagtes redes om dit nie so te beleef nie. In die proses vorm Hy jou gedagtes. Hy spandeer tyd met kinders en seën hulle.
Die behoort raak ook 'n behoort aan Hom en dus 'n punt word waar ander die geleentheid kry om ook aan Hom te behoort. Nuwe identiteit as leier in die gemeenskap. Almal moet behoort, maar nie aan kultuur nie, aan Hom. Dit is bevrydend vreugdevol, opofferend, vol botsing en seer en vol grootheid en behoort en vervulling. Vol avontuur en LEWE. Risikos trane en totale vry lag. Jy word regtig "crazy" anders. Jy kry die menslike status van 'n kind, wat ooreenstem met ons nuwe mens deur Christus en gelei deur die Gees van God. Die volwasse status word afgelê. Jy word volwasse slegs in Christus.
Here, ek is nog te veel besoedel met hierdie aarde, sonde, godsdiens en kultuur giere. Soveel goed wat U beeld in my afbreek. Vergewe ons. Gee asb dat al die seerkry en hartseer en trane goed deur U gebruik sal word om dit af te lê, want ek wil graag 'n goeie getuie van U wees. Dankie dat U reeds Uself met ons gedeel het en van binne wel ten spyte van my besig is om die nuwe lewe in ons te implementeer. Gee asb dat die proses nie in 'n groef sal val nie, maar altyd verrassend sal bly groei. Nie ter wille van ons nie, maar ter wille van U getuie en soveel wat dit so nodig het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking