Matt 17:21. Jesus kondig aan dat hy aan mense oorgelewer gaan word. Mense sal Hom doodmaak.
Dit laat my dink aan die aard van mense. Mense is so erg oor hulle tradisies (dalk is daar baie vrese daaragter) dat hulle onreg teen Jesus pleeg. Die aard van menswees na die sondeval is om onreg te pleeg en keuses word ter wille van self geneem ten spyte van onreg oor ander. Alhoewel die Here soms die wonderlikste uitvindsels en liefde laat gebeur, is dit lyk my altyd teen die korrupte aard van die mens in.
Die spanning van die menslike lewe en roeping is juis hierin geleë om teen ons aard 'n nuwe lewe te lewe.
vers 22 Die dissipels het bedroef geword. Doodgaan verloor en seer kry was nie deel van die dissipels se idee van God se koninkryk nie. Tog is dit in God se plan vir sy koninkryk ook vir die lewens van sy kinders. God se koninkryk is baie sleg vir ons menslike aard en geneigdheid. God se koninkryk maak ons aard en menswees seer en dood. Vernietig dit, maar vir 'n rede, sodat die nuwe lewe kan grond vat. Dit is meer as ons eie aard wat dood gaan ook die van ander rondom ons en selfs ver van ons. Die onmenslikheid self vernietiging en verlorenheid mag en kan nie verdra word nie en ons kan nie fatalisties daarna kyk nie! Ons kan nie meer onaangeraak bly nie. Jesus het gesien, medelye gehad (jammer gekry) en genees. Dit word ons wese.
Ons is onlosmaaklik as gelowiges self in die proses. Aan die een kant hou ons fees, want ons is verlos en vry en aan die ander kant huil ons oor ons eie bose natuur en die bose natuur rondom ons. Aan die een kant is ons vol blydskap en is ons vry en bemoedig ons mekaar as gelowiges deur ons blydskap en lofprysing. Aan die ander kant maak dit ons vry om te kan huil en ons hele wese siel en liggaam in te gooi in 'n proses om lig en sout te wees vir ander en daarom werk ons ook aan ons eie sondes en swakheid. Die Bybel gebruik baie keer die woord swakheid. (Bv Heb 4:15).
Om lofprysing te doen en om in die ongemak te baklei vir genesing is ons wese tot Jesus kom en dan word ons finaal bevry!!
(27) Eintlik is die Leiers verkeerd en hoef die Jode nie belasting te betaal nie. Daar is lyk my egter al 'n tradisie om dat hulle wat Jesus volg moet betaal. Jesus oordeel om nie aanstoot te gee nie, laat ons betaal. Dit bring die vraag oor wanneer is daar reëls wat die menslike heersers afdwing wat mens nie kan gehoorsaam nie en wanneer pas mens maar aan. Dit lyk tog asof dit 'n verhouding is met leiers. Hulle het 'n plek. Alhoewel Jesus ons koning is en nie aardse konings nie, staan ons wel in verhouding ook met aardse konings en is dit nie goed om hulle te ignoreer nie. As ek voor die aardse leiers staan doen ek sover dit moontlik is wat hulle vra, selfs al is hulle onregverdig teenoor my. Hulle sal egter weet dat op die ou end staan ek onder God en nie onder hulle nie. Ons staan nooit onder aardse konings nie. Aardse konings bring dood as hulle nie hulle taak reg doen nie. Hulle taak is om God se waardes uit te leef en mense te dien met dit. In 'n groot mate het hierdie waardes begin verdwyn (nie heeltemal nie). Omdat ons onder 'n ander koning staan moet ons ook hierdie verhouding gebruik om hulle te herinner aan die basiese skeppings waardes van God en hulle bly aanmoedig deur voorbeeld om dit meer en meer waardig te ag en te volg. Al die wette, strukture van opvoeding en skole en so voorts, daarvolgens te bestuur.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking