Maansiek seun
Dissipels wil gesond maak, maar kon nie.
Jesus sê hulle is 'n ongelowige geslag en ontaard. OV Verdraaide geslag
Verdraai, is om rigting te verloor. Calvyn reken dat Jesus na die Fariseërs en Sadduseërs verwys.
Jesus sê dit is weens die dissipels se ongeloof dat hulle nie die duiwel kon uitdryf nie.
As ek na my eie lewe kyk, uitdagings in verhouding met vrou en bestuur van huis, dan wil ek ook sê: Here ek kry dit nie reg nie. Wil U dit nie self kom doen nie. Ek laat baie mense in die steek. My Mosambiek werk ens kan soveel beter gedoen word. Het ek klein geloof, of is ek eenvoudig nie in staat om te doen wat ek moet doen nie. Wat maak dat ek so swak is en sukkel. Dalk net eenvoudig lui? Te min kontak met God en sy krag?
Ek dink die geheim lê dalk juis in die oorgee aan God om te doen en dan die belangrike ding, volgens SY wil. Saam met dit my oefening van self dissipline en toewyding.
Stryd soms belangrike proses van groei en soms belangriker as resultaat? Moet bly vertrou op God se Gees om deur my die groei te bewerkstellig.
Die wonderlike boodskap is dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Ek sal altyd stry en sal altyd skuldig wees en sukkel, maar by Hom is ek veilig. Die veilig wees moet egter nie maak dat ek nie harder stry om te vertrou en te groei nie.
Die Here wil groot goed deur my doen. Ek weet ook dat Hy dit sal doen wanneer en soos Hy wil. Ek bly myself dus ook oorgee aan Hom. Ek weet ek kan nie en bly dankbaar vir elke dag wat ek wel iets sien gebeur. Daar gebeur in elk geval baie meer as wat ek sien.
Here help my dat al my pogings nie is vir myself, maar dat die Koninkryk sal wees en dat dit so sal leef in my dat dit my motivering bly. Die oë gerig op Jesus.
Ek is klein gelowig en die wêreld is maansiek. U is die lig in die duisternis.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking