(5) "dit is my geliefde seun" "oor wie ek my verheug"
Dissipels moes sien wie die Jesus is van wie hulle leer om soos Hy te word. Om dit wat Hy is en doen verder te vat as Hy nie meer daar is nie.
God se liefdesverklaring beteken dat God self Hom oor Jesus verheug. Hy is so bly oor Sy Seun. Dissipels word Jesus se broers en daarom is hulle (ons) ingesluit daarby. In Hom deel ons God se vreugde oor ons. Dit ten spyte van ons sondigheid en klein gelowigheid. Dissipels (ons ook as gelowiges wat nie eers Jode is nie), het ook hierdie posisie as geliefdes van God. Dieselfde posisie as Jesus en dieselfde aanvaarding en ook gestuurdheid, of is ek verkeerd? Dit lyk asof God sy Heerlikheid nie vir Homself hou, soos wat aardse leiers dikwels doen nie, maar dat hy dit deur Jesus vir alle gelowiges gee. Deur Jesus is ons posisie dat ons een is met God. Wat 'n gedagte!
"Luister na Hom"
Die klem op die stadium is op Jesus. Nou die opdrag om na Hom te luister. Die fokus is Jesus en as jy op Jesus fokus en Hom volg, dan volg jy die kruis. Volg jy genade en deur genade en die kruis begin mens dan op 'n heel ander maniere lewe. Hy gee ander lewe. God wil vir ons die Lewe van Christus gee en dit kom na ons toe deur Hom. God wil sien dat ons na Jesus kom en deur Hom lewe. Daar is nie 'n lewe sonder Hom nie. Ontvang wat God wil gee deur Jesus. Liefde, heerlikheid, genade vergifnis en 'n nuwe Lewe. Die enigste manier om werklik te lewe. Dit is 'n proses van luister oor tyd om die nuwe Lewe van Christus te vestig in jou aardse bestaan. Aan die een kant het jy dit 100% ontvang van jou omdraai af en aan die ander kant sal jy die res van jou lewe luister en groei daarin in gehoorsaamheid dissipline ens. Sy liefde wat beteken totale onselfsugtigheid en baie ander waardes word deel van ons lewe deur die vrug van die Gees. Dit word nie geweet nie, maar geleef.
(7) Dissipels oorval deur vrees... Jesus het nader gekom en hulle aangeraak.
Die liefde kom op 'n baie persoonlike manier na ons toe. Jesus kom na die dissipels. Ons hardloop dikwels weg en kruip weg, maar Hy kom na ons toe. Hy raak hulle fisies aan as deel van die leef van Sy liefde vir ons. Dit spreek my hart aan. Menslike begeerte vir erkenning aanvaarding en naby wees, word deur God aan ons gegee. Ons word so vervul dat ons nie meer op die begeerte hoef te fokus nie. Nou fokus ons op Hom en Luister ons na Hom.
Staan op en moenie bang wees nie. Alle vrese word deur Sy liefde opgelos en word nou deur ons verder gevat na ander wat nog verdwaald is in begeertes.
Hoeveel keer moet ek dit nie weer vir myself sê nie, want die vrese en begeertes begin so vinnig weer my lewe beheer. Dan kom ek terug na dit wat waar is. God, Seun Kruis genade en liefde. Meer en meer begin dit my identiteit word en vul dit mens. Ai ek groei so stadig.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking