Mat 20:20-28 Toe kom die vrou van Sebedeus met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom 'n guns te vra. (21) "Wat kan Ek vir u doen?" vra Hy vir haar. Sy sê vir Hom: "Belowe my dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk langs U mag sit, een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand." (22) Toe antwoord Jesus: "Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?" "Ons kan," antwoord hulle. (23) Jesus sê toe vir hulle: "Ja, my beker sal julle drink. Maar om aan my regter- en my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir dié vir wie my Vader dit gereed gemaak het." (24) Toe die tien ander dissipels dit hoor, was hulle kwaad vir die twee broers. (25) Jesus roep hulle toe nader en sê: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. (26) Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; (27) en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. (28) So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense."
Volg die inskrywings van die blog
Woensdag 23 Augustus 2023
Stiltetyd Matt 20:20-28 Heerser na slaaf
Hierdie is een van die belangrikste kenmerke van die transformasie wat God in Sy kinders bring. Eerstens Verlore na gered. Slaaf na kind. Van buite inkom in God se gesin. Hierdie eerste onderlê alle ander transformasie. Nou in Sy koninkryk kom hierdie transformasie weg vanaf my eie goeie dade en heerskappy na onderwerping en slaaf word, maar nie onder die wet soos in die verlede nie, maar nou onder God die Vader se wil wat noodwendig uitgeleef word teenoor ander mense. Hierdie slaaf wees verander ons om eie belang en begeertes nie net ondergeskik word nie, maar heeltemal doodgemaak word. Sodat ons in 'n ander koninkryk Konings en Priesters kan wees. Dit is die proses waarin ons is en wat ons intensioneel soek.
Daar is 'n verskil om Jesus as aardse Koning oor die Jode te respekteer. (Sy het hom respekteer want het eers gewag dat Hy haar vra - volgens tradisie met respek betoon aan leiers - wat sy wil hê) en om Jesus te respekteer as God, wie Hy is in 'n heel andersoortige koninkryk.
Alhoewel ons maar baie min van God se koninkryk verstaan, lyk dit tog dat Jesus en God op 'n ander manier kies. (arbeiders in die wingerd). Alhoewel die twaalf saam met Hom op trone sal sit (19:28) is daar nie onderskeid tussen mense in die koninkryk nie. God maak selfs mense een met Hom. Ek dink dan is daar nie meer 'n begeerte om te heers nie. Veiligheid en beskerming lê in God self, Sy teenwoordigheid in ons. Nou het ons nie meer mag nodig om veilig te wees soos 'n aardse koninkryk nie. Ons het ook nie mag nodig om iemand te wees nie. Ons soek om hierdie waarheid te kan leef. Dan kan ons al meer ander dien in vryheid.
As ek in die oggende gaan draf, leer ek die ingesteldheid aan om dit te doen ter wille van Mosambiekers, om hulle vir nog lank te kan dien. Ek is geroep deur God om ander te dien en glo dit is spesifiek Mosambiek. Ek glo Hy gebruik my daar en ek wil sover moontlik van my kant af gesond en beskikbaar wees.
As Hy sê dat hulle die lydensbeker gaan drink. Dan beteken dit seker dat, ja die fisiese lyding sal hulle kan verduur. Hulle verstaan egter nie dat dit 'n prysgee van hierdie aardse tydelike belange en heerskappy beteken nie. Hierdie "prys gee" is natuurlik gebou op die heerlikheid wat reeds in Christus aan Sy uitverkorenes gegee is. Dit vervang die afhanklikheid van dinge soos mag aansien ens.
Wat beteken slaaf wees of dienaar. Met God is ons kinders nie slawe. Dws. Die plaas behoort aan ons en ons werk nie vir 'n salaris, ons is deel van God se familie. Nou is ons steeds slawe, maar nou dien ons nie meer ons self of dinge wat die wêreld kan bied nie. Nou is ons wese nuut - alles het nuut geword -
(24) Toe die tien ander dissipels dit hoor, was hulle kwaad vir die twee broers.
Hier kom die ou natuur na vore. Dit blyk dat die rede waarom die ander dissipels kwaad was, was omdat hulle ook graag daardie posisie naby Jesus wou inneem. Dit bring dus dadelik konflik en doelwitte vanuit menslike natuur na vore wat God se wil en doel skade aan doen.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Mangalwadi about Charlie Kirk
To honor Charlie Kirk We have to reform the university When the US president calls the media “Fake News,” he implies that the Post-Truth w...
-
Mat 20:29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. (30) Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het...
-
Mat 21:1-11 Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur (2) en vir hulle g...
-
Mat 20:17-19 Terwyl Jesus na Jerusalem toe op pad was, neem Hy die twaalf dissipels opsy, en so in die loop sê Hy vir hulle: (18) "...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking