Mat 21:23-27 Jesus het na die tempel toe gegaan, en terwyl Hy besig was om die mense te leer, kom die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk na Hom toe en vra: "Met watter gesag doen u hierdie dinge? En wie het u hierdie gesag gegee?" (24) Toe antwoord Jesus hulle: "Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen. (25) Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom: van God, of van mense af?" Hulle redeneer toe onder mekaar: "As ons sê: 'Van God af,' sal hy vir ons sê: 'Waarom het julle hom dan nie geglo nie?' (26) Maar as ons sê: 'Van mense af,' kom ons by die mense in die moeilikheid, want almal beskou Johannes as 'n profeet." (27) Toe antwoord hulle vir Jesus: "Ons weet nie." En Hy sê vir hulle: "Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie."
Volg die inskrywings van die blog
Vrydag 06 Oktober 2023
Stiltetyd Matt 21: 23-27 Gesag en verhouding
Leiers werk met 'n gesagstruktuur wat hulle aan God en kerk koppel, waarin Jesus nie inpas nie. Moeilike probleem.
Jesus ontbloot die basis van die gesag wat oor die leiers regeer. Dit is die mense se mening en aanvaarding asook tradisie waarin Johannes se doop nie ingepas nie. Die tradisie sluit gesag in wat deur familie lyne kom. Verder ook die geskrifte waarin die wette en profete op 'n tradisionele manier verstaan is. Wat 'n diep wortel wat vreeslik moeilik gesny word! Dit is werklik net deur die werking van die Gees wat dit kan verander. Mens is nie daartoe in staat nie.
Reëls en regulasies word sterk toegepas en strukture word sterk in stand gehou. Tog ontbloot die vraag dat daar nie 'n diep oortuiging is verder as dit nie. Vergelyk dit met die apostels soos Petrus en Johannes na die uitstorting van die Heilige Gees. Vreemde en anderse dinge het gebeur en almal was teen hulle, maar wat dit gedra het was 'n diep oortuiging. Die strukture reëls en rituele was nie meer die basis nie.
Tog wys die vraag van die kerk leiers, dat daar 'n behoefte aan verstaan is en dit aan Jesus gestel word.
Ek wonder daaroor of mens nie kan sê dat in Jesus daar 'n nuwe verbond gekom het nie. Dit is nie meer wet en straf en offers nie, maar in Jesus. Jesus is besig om mense voor te berei vir die verandering wat 'n vreeslike kruis bring. Verwoesting en dood wat verlossing en vryheid bring. Al die ander pogings van mense om die ewige lewe te kry kan dit nie bereik nie.
Alles wat mense soek het in Christus gekom, maar dit vra 'n verandering in denke en prys gee van vertroue op wet en goeie dade. Werklik 'n ingrype van God deur die Heilige Gees. Ook die dissipels het nog nie die geloof gehad nie. Het nog getwyfel.
Die stelsel tot dusver het gewerk op mag wat saam met gesag gekom het.
Die Tempel wat 'n goddelike instelling is, het 'n menslike instelling geword. Vertroue op God wat in die gebou na mense kom, verander nou na God wat in Jesus na mense kom meer dikwels buite die gebou as binne die gebou. Gebou raak nou net menslik funksioneel maar sal met die kruis posisie verloor om God se huis te wees. Nou het heiligheid vanaf die gebou na buite verbreed, binne die boosheid van die wêreld in. Juis seker omdat daar nou toegang is vir sondaars.
Die skuif na Jesus is vir mense baie moeilik net so seker die skuif na die Heilige Gees as teenwoordigheid van God. Tog het dit vrylik beskikbaar geword uit genade. Nou vra dit die skuif van vertroue na dieselfde God maar deur Jesus en later deur die Heilige Gees.
Here gee dat ons die boodskap altyd duidelik sal kan uitdra met ons lewens dat 'n diep vertroue op U in 'n (soms sukkelende) verhouding met U die basis van ons lewens sal bly. Dat geen reëls regulasies rituele en tradisies ooit die plek daarvan mag inneem nie. Dat ons altyd meer en meer sal groei daarin dat rituele en gewoontes altyd meer en meer sal buig voor die verhouding en die verhouding sal dien. Jesus is die diep oortuiging en deur geloof wil ons loop waar Hy lei. Selfs as die verhouding groei en verander, dat ons dit altyd eerste sal stel.
Met Jesus en die kruis het die uiterlike dinge vreeslik drasties verander, maar die verhouding met 'n drie enige God het die basis gebly.
Dink oor die stelling: Voor die reformasie het die kerk die verhouding probeer dien, maar die reformasie het weer gemaak dat elke gelowige se verhouding nou weer die kerk begin dien.
Die volgende gedeelte lyk my sluit hierby aan.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Mangalwadi about Charlie Kirk
To honor Charlie Kirk We have to reform the university When the US president calls the media “Fake News,” he implies that the Post-Truth w...
-
Mat 20:29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. (30) Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het...
-
Mat 21:1-11 Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur (2) en vir hulle g...
-
Mat 20:17-19 Terwyl Jesus na Jerusalem toe op pad was, neem Hy die twaalf dissipels opsy, en so in die loop sê Hy vir hulle: (18) "...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking