Volg die inskrywings van die blog

Vrydag 10 Maart 2023

Matt 12:38-50

Vers 38

vers 38 

Die fariseërs was dalk geïnteresseerd in hierdie Jesus en wou weet of dit Hy is. Tog antwoord Jesus (39) en sê dat 'n owerspelige en bose geslag tekens soek.  Hoekom sal Jesus hulle so afsit?

Die woord owerspelig verwys na onrein begeertes of ander begeertes. Laat my wonder of Jesus so optree omdat die leiers van die kerk onrein begeertes het. Ek kan dink dat hulle dalk eie belang van posisie en aansien as begeertes het vanuit die manier waarop hulle kerk beleef het. As hulle dus vra vir 'n teken dat dit dalk juis ter versterking van hierdie onrein begeertes. 

40-42 Wys Jesus dat Hy die een is wat groter is as selfs Jona deur wie se prediking 'n stad gered is of Salomo wat selfs die koningin van die Suide getrek het met sy wysheid. (As Fariseers dalk grootheid gesoek het, moet hulle juis dan vir Jesus soek). Jesus is die toonbeeld van onselfsugtigheid en diens en dit is juis soveel anders as wat die kerk van daardie tyd dit beleef het. 

Dit bring mens terug by die gedagte van liefde vir jou naaste wat maak dat jy self opgeoffer word. Weg gee van jouself teenoor die soek vir jouself. Wil ek nog myself soek en bou of het ek reeds in Jesus myself gekry? Nou soek ek nie meer enige iets vir myself nie! Soek ek dalk soos 'n goeie kerk mens nog na vervulling van myself en so mis ek die hart van Jesus wat groter is as almal. Hoeveel onrein begeertes het ek nog vir myself. Mens voel so dikwels onvervuld en wil net koop eet en plesier soek vir vervulling. Soos die Geeste in volgend vers wat deur waterlose streke swerf op soek na rus. 

Die belewenis van soek is seker deel van die menslike vlees, maar dit is nou seker juis die deel wat jy al hoe minder aandag aan gee en stadigaan dood wurg deur die krag van die Gees?? Wat soms help is as ek so onvervuld voel, ek die soeke fokus op die Here. By Hom soek ek die rus en so help my onrein begeertes my om met Hom en deur Hom te leef. Dit werk nie aldag nie, maar ten minste kan mens weet dat jy reeds alles het wat jy nodig het om soos die katkisasie vraag sê troos te hê in lewe en in sterwe. (My enigste troos in lewe en sterwe). Ek moet nog leer om die waarheid vir my liggaam te leer. 

43-45 Die onrein gees swerf ook en soek rus. Nou gaan hy terug na die huis wat leeg staan. Hoe lyk 'n huis wat skoon en versorg is, maar leeg is? Dit klink asof Jesus hier met die kerkleiers praat dat hulle die regte goed doen en baie versorgd lewe. Tog is hulle nog steeds sonder Hom en is die huis leeg. Nou begin allerhande onreinhede inkom soos aansien, gemak en later selfs plesier soos wat dit in die kerk van daardie tyd ook gebeur het. Nou stop jy nie meer vir 'n beseerde langs die pad nie, want vir jou program en persoon is dit ongemaklik. "Dit is soos dit ook gaan met hierdie bose geslag".

Die keuse lyk my is dus tussen 'n goed versorgde leë huis en Jesus. Die gevolg van Jesus en Sy Gees is seker ook dat die huis beter versorg gaan wees, maar nou is dit 'n gevolg van vervulling. Die huis is nie leeg nie. My gebed bly om altyd by Jesus te begin en Sy vervulling te soek en bewaar te word van die groot gevaar om skoon te maak sonder Jesus (owerspelig en boos).

46-50 Die is ook van die stukkies wat soms vir my die anderse aard van Jesus beskryf. Die aard waarvoor ek my eie aard voor opgee. Net die betekenis wat geheg word aan verhoudings terme soos ma, broer en suster. (afwesigheid van Josef as pa word nie verduidelik nie). Wonder daaroor aangesien pa so kritiese verhouding is. Die verhoudinge wat gebou word vanuit die verhouding met Jesus word duidelik as die belangrikste verhoudings gestel. Verhoudings deur die Gees van God is dieper en betekenisvoller as biologiese verhoudinge. Ek neem aan dat 'n biologiese verhouding wat nie 'n Gees verhouding is nie 'n ongemak en roeping is. 

Verder is dit ook goed om te sien dat waar die verhouding met kerkmense sukkel is, daar wel onder mede doeners van God se wil ware verhoudinge wel bestaan. Dit is dan ook nie net skoonmakers van eie huise nie, maar die wil van God begin juis in 'n verhouding deur Jesus met die Vader en dan verder die gevolge daarvan in skoonmaak ook. Die verhouding is dan ook nie omdat die dissipels die skoonmaak reg doen nie, maar omdat hulle saam met Hom op die pad is. Hulle volg Hom. Assosieer met Hom en nie met kerk en wette nie. Die verhouding met Jesus is die vervulling van die res. Nou is hulle as gebroke mense familie van Jesus en een met Hom. Dit is die beginpunt van die res van die lewe waar allerhande ander dinge gebeur. 

Ook insiggewend die verwysing na "ma". Dit is mos 'n kind se kyk na 'n versorger en persoon van respek. Tog noem Jesus hulle as sy dissipels ook Sy ma. Ons wil graag Jesus sien as die pa en Hy probeer aan ons verduidelik dat vir die wat Hy lief het is hy die slaaf of die kind. Hy wil kom ons dien en Sy grootheid dink ek lê juis daarin.

Hoeveel keer moet ek nie terug na hierdie waarheid nie. Sommer maklik maklik begin mens die dinge en programme sien as fokus om te wys wat die verhouding is. So maklik soos dit is mens skynheilig. Here, ek kan niks byvoeg by die geestelike verhouding wat U vir my gegee het nie. Die wete is tog so krities belangrik en so 'n Lewe deur die Gees het tog baie beter resultate vir die res as dit wat ek probeer skep uit myself. Dankie dat U my U broer suster of ma noem. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mangalwadi about Charlie Kirk

  To honor Charlie Kirk We have to reform the university When the US president calls the media “Fake News,” he implies that the Post-Truth w...